Kamera
swart en wit skadus strak verskrikte gesigte onder olie plat hare staar wit kring oë na ń donker doek. eens die wonder van eie beeld verdof nou verstote teen skemer winkel mure as te koop. lig in fyn draad flits net een keer sluk beelde deur sluitelgat bliksem skelm opgerol in kleine trommel blik. kleure […]
duinelary
‘n duin is net ‘n hoop sand in die sand op my duin is daar skulpe op die duin groei net fynbos en vygies ‘n meter onder my duin is daar water in getye skuif die watervlak op en af daarin leef daar mikro-organismes miljoene spesies verteenwoordig my duin is dus nie net sand nie […]
Aartappel Maats
Hard swart klip verbrand in helle vuur, verpletter tot plaat verdruk tot draad. verruk van aard geknip na verlangde maat verkrul in oë doel gemaak. sag warm vogtig in natuur baarmoeder geplaas so groen loote in blou lig gestoot. stadig vorm maatjies na eie aard, boepens knuppel duk in loswikkelde grond. aarde beweeg maatjies word […]
aarde bewe
dit was soos elke oggend normale dag van werk en leef toe begin die aarde bonsend buig almal gryp iets en hardloop na buite massa histeriese mense wat gil en val die grond skeur en maak toe in stuipe soos die kronkels van ‘n luislang kraak en dreun met knalle wat stoom en water oral […]
sal dit kom
die hemele breek oop rook en vuur strepe trek donderende geluide vul alles verdoof elke oop oor in knalle so breek donderstorms die lug laat die reuk van verbrande as ruik soos swael en osoon gas sal dag ook kom, Meester waarop alles verbrand mense sal wegkruip gate en grotte opsoek ©Teárlach
Kennis Verlos
gedruk in grys boekies as oorspronklik gemerk deur sosiale media gedubbel toets en waar verklaar. op ń doring tak groei lykens stadig tentikels diep ingegrein vervaal tot stof. maag draai, hare rys kennis spoel vry van geskrewe stof in drome.
ruimte
oor my duin hang daar ‘n blou koepel van donker swart tot ligte blou met ligte miljoene sterre waarvan party flikkerend seine stuur die koepel lyk of dit stadig beweeg oor die see altyd draaiend in skuifel pas van oos na wes net die vele liggies aan die strand se kant verdof die pragtige vertoning […]
Gedagte Van…
Gode Mense Diere Dinge Klippe Stof geeste, gode, waarde beginsels dryf in diep stiltes wat waarheid bedreig met onseker wins. in biologiese vierde en vyfde geslag in markdag analiese herkou ons verwarende waarhede, met verskonings as wins. ingeteelde DNA wetenskaplik meganies bepaal onvoorwaardelike waarhede met gewig as wins. dinge lê oral rond wat gou vergaan […]