ruimte
oor my duin hang daar ‘n blou koepel
van donker swart tot ligte blou met ligte
miljoene sterre waarvan party flikkerend seine stuur
die koepel lyk of dit stadig beweeg oor die see
altyd draaiend in skuifel pas van oos na wes
net die vele liggies aan die strand se kant
verdof die pragtige vertoning soms
maar die golwe sing en baljaar
onder die hemelse skouspel
oneindige afstande vertel
diepte en hoogte
van Skepper
se mag
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.