doekvoet
die skaarste hasie met baie name soos doekvoet, pondhaas, boshaas, boesmans haas en vlei haas hy woon net in vlei gebiede van die karoo velde en verder suid sy voortplanting is anders as ‘n gewone haas met sy ronde wit ring om die oë en swart streep oor sy wang sy dieet van die sappige […]
Hoëveld Staal
voor lê die hoë veld, oor die groot draak se rug maak die lae veld lug vir ons land. ń koorsblaar met oop wonde met rook van staalvuur in die middel grond. in die agtergrond lê handels en regerings stede besig met verbetering vir lewens gemak. langs die Witbank pad met suur water oë ń […]
strategies ontmagtiging
sou aarde bewe my duin se basis diep onder verskuif sal ek dit nie agterkom sal ek die beweging sien of sal dit maar net verander sonder dat ek dit beleef alles wat strategies en stadig verhit word moeilik waar geneem so word plant en dier geneties gemanipuleer so kom dieselfde lot onomkeerbaar vir die […]
Herkou
oë staar na niks rooi bloed stol verrot in nuwe lewe. gedagtes in niet gewerp wysheid uit kop gewring oorleef in die sapiens stam. tyd en daad stempel alles tot fyn mis stof verwaaid as droë kompos. gene, goed atome dra vandag nog energie uit talle eeue. ons is verneuk lewe momente is alleen groei […]
Ratte wat Pla
staal pyp gly in sny olie tande ratte uit kepe geskep mikrons akkuraat. aan kragbron gekoppel draai kepe in kepe ontsluit newtons in vaart. kwaai kierie hand ruk staal pypie skop ratte in ń seer groef. gladde kragverwerker vervysel in die moment ongeduld verval in stilte.
Hello Vincent Einstein
die koue bou kristalle in wind stil veld uit die suiwerste vroeë oggend lug. sterre skitter in kristal bring warm groete oor miljoene steriele myle om aan my hart te klop. die energie van ń ster kombers vou om my klein massa in die helder mooi blougeel lug. dié moment is groter as die al […]
Hommel Bloed
in oop veld met vaal bossie hare flits ń beweging hoog bloed ongesien in beheer. oë sonder senuwee stort ń olie traan in fraksie moment is hand kontrole waardeloos. baas storm verwaard, eie waarde te herwin in die robot hart wat bib bib in die sand. die dood van elektronika flikker met rooi oë in […]
onder sterre
sondermaanse lug vergroot elke ster se lig donker lugruim verdig in mis hoeveel sterre is daar vanaand wie sal weet – miskien daar hoog waar ruimtetuie vlieg kan jy tel wat verwonderd afkyk op ons wat hier op die stoepie sit met komberse om ons om die koue te wen wanneer lug verdwyn sal sterre […]