Vreemde Kennis
strate vol dorpsgoed karre, mense, bome… ń coke prop ń vertrapte tak lê in die swart pad. die huis van intelek in ń proppie saamgevat mikro wesens in verwebte vesels verskans onder organiese staal. mens met sagte dink jy is ginds alles is in ń proppie vervat in ń tak op jou pad.
gesonde verstand
my duin lê bleek van wit skulpe dae se wind verwaaide strand geen mens spore wat dit versteur slegs voëls en krappe wat grou en pik mense praat altyd meerderwaardig oor gesonde verstand – so asof almal daaroor beskik – maar helaas die teendeel is waar – dit bestaan nie party mense gebruik gesonde verstand […]
pikante peper
laaglande van soutpansberg aartappel lande en piesang plantasies in diep ryk rooi leem grond ontwikkel ons eie pikante peper plante gekweek uit konfyt tamatie en groen peper plante eie aan ons land en die limpopo provinsie soet en ryk met pikante byt net genoeg om lekker te wees ©Teárlach (Capsicum baccatum)
Oor “daai” virus
Maar my donnor. Sal julle nou bietjie relax?! Ontspan die tiete. Hakuna jou tatas. Ontknop die hol spiere. Want as ek nou weer een keer “Corona Virus” hoor gaan ek sowaar as waaragtig daai persoon met ‘n kaktus in die keel steek. Kom sit hier om die oom dat ek julle nou mooi kan vertel: […]
kringe in die lig
deur misgordyn is daar ‘n kring soos ‘n kroon om die son wanneer die kroon van skepping homself wil kloon verfynde etimologie span kroon omkring virus kringe vorm duidelik mens word verloën beloon ©Teárlach
NOODRYP
[Nog ene uit „die oude doos”, wat in samehang met my ander skryfsels oor kreatiwiteit en die wêreldgees wat mens pak, gelees kan word.] Aangesien ek op ‘n dorp grootgeword het en nie die platteland nie, het ek hierdie begrip kleintyd nie geken nie. Eers oorsee het ek dit leer ken, waar ek op ‘n […]
Was dit, PLAGIAAT?
Was dit, PLAGIAAT? Hoe kom mens aan die idees wat jy kry? Aan die temas wat jou beweeg? Aan die goeters wat jy wil skryf? In ‘n vorige artikel het ek daarop ingegaan: „WIE skryf WAT, HOE maar veral HOEKOM?” (Op ink.org.za, 2017): „Soos die wind oralheen oor die land waai en oralvandaan kom, waai […]
Vervoer verskaf
Fiat 850 Special Aan die einde van my derde jaar het ek ‘n 1968 Fiat 850 Special by my suster se maat, wat klaar geswot het, gekoop vir R180. (My suster-hulle het die karretjie Taragoppie genoem) Ek het ‘n uitlaatstelsel laat maak wat my R30 gekos het en hom so deur die padwaardigheidstoets gekry. Min […]
Waarneming weerlê teorie
Waarneming Weerlê Teorie Die mannetjie raak groot op ‘n plaas in die Karoo tussen Carnavon en Victoria-wes. So met sy spelery op die plaas merk hy soms sulke lang maer wolke op wat meeste noord-suid lê. Eers het hy nou nie iets gedink van die wolkies nie maar soos hy groter raak het dit hom […]