
Kamera
swart en wit skadus
strak verskrikte gesigte
onder olie plat hare
staar wit kring oë
na ń donker doek.
eens die wonder
van eie beeld
verdof nou verstote
teen skemer winkel mure
as te koop.
lig in fyn draad
flits net een keer
sluk beelde deur sluitelgat
bliksem skelm opgerol
in kleine trommel blik.
kleure spoeg na sewe dae
uit apteek koeverte
nou met vaal kolle
agter in stowwerige kaste
is die herinneringe geboks.
die gaping tussen flits en ewigheid
vernou na masjien girts
die geluid vervorm lig
na ń self beelde wat
gou verdof.
nou is alles vasvangers
oral gesteelde beelde
digitaal in geburger
as hoë resolusie foto’s
sonder gesigte.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.