Oplossing
veld is skurf
koolsuur rooi
goud sianied gebrand
die suiwering pomp stasie lek
stort suurwater onbeperk
in drinkwater stroom nou
ń stinkende sloot
guru koppe knik
om blink rooi leer tafels
ń herhaling van vorige dataverslae
agenda bevat geen
oorsaak gevolge voorstelle
geen besluit
is al besluit
toe gedraai
in onwelruikende oorsaak
verrykte armoede gevolge
ongedefinieerde voorstelle
lê die hoëveld ouerloos
in rooi bruin
suur doeke
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.