Geheg aan God
Sy wat verliefderige blikke
na my kant toe werp
my hart nés ‘n tikmasjien laat werk
met haar staan ek heelwat sterk
al maak haar handwerksteek
‘n heuninggraatpatroon
steek sy nie ‘n dun naald
in die Skepper se oog nie
nogstééds met die stik van godsdiens
sy eet haar Bybel, haar Brood, haar beskuit
neem dan ‘n pelgrimsrit
na ‘n heilige plek
waar sy vrylik bid
en Gebede rig na die Ewige God.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek