Jongste aktiwiteit:

Vlug na Vryheid

Die vroeë môre dou
laat my dink aan jou silwer traandruppels wat oor jou wange rol.
Jy was soos ‘n vlinder met ‘n gekneusde vlerk
jy wou vlieg, maar jy kon nie.
Ek wou jou vryheid vir jou terug gee
maar daar was iets wat baie sterker as ek is, wat my klein en nietig laat voel het.
Jou glimlag was soos sonskyn in ‘n bewolkte dag
wat almal terug aarde toe bring as hulle in ‘n gebroke wêreld is.
Jou vlindervlerke is stomp afgesny
en daar is niks wat ek vir jou kon doen nie.
Ek wou jou vir ‘n laaste keer sien
maar alles is net tevergeefs.
Jy het in die blou hemellug verdwyn
As jy maar net kon weet hoe ek oor jou voel …

MC Marx (C)




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed