Jongste aktiwiteit:

Toorkrans

Toorkrans

Hiér vertel wind en gruis ‘n storie
van klip en been,
opgeteken in growwe hande
wat donker gange ken;
gange waar gesigte
vir ‘n oomblik rus
in hout en glas.

By Toorkrans
kap jy jou beeld uit klip –
dít maak nietigheid
meer draaglik.

© Ernst Fernando dos Santos




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed