
Verander só die herfs
So kom bied jy ‘n najaarsblom
in die troebel van die skugterson
teder die oker van my herfsgedagtes
wat jy in safraan-miedens bind
In tederheid het jy die oes verhaal
korrel-vir-korrel gemaai
delikaat gewan, geweeg
met harstnaar toegesak
Pakskure vol gepak
opbrengs wyd geseën
met bakhandgenade bejeën
onder kwashaal van sakkende son
Kom bied jy ‘n najaarsblom in perske-pienk
verander só dorre herfs na nuwe somer
© Anzé Bezuidenhout
9 Kommentare
-
-
neels
Wat n pragfoto by n pragwerk Anze
-
Palet
Pragtig!
-
Ronel Janse van Vuuren
Jy laat die herfs so mooi lyk op so 'n koue wintersoggend :-)
-
Viooltjie
'n baie mooi gedig, Anze :-)
-
Koekekranka
Allemintig, dat ek hier mis gelees het! Pragtig mensie en jammer vir my aan-die-slaap-wees!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
Ek hou van die aanwending hoe jy die herfskleure in strofe een inspan.