Verstaan-verstaan
Liewe blou maan
wat silwer en grys skyn
in die aand
sal jy verstaan?
Waar die sagte geruis
van sandstorms waai
oor die goue woestyn
sal jy my wys?
Brand die blink bronsson
uit die blou
jy is die een wat ek sal hou
of sal jy my net laat gaan?
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April ope afdeling projek