Versugting na gister
Op reis deur ‘n verlore land
klip , stof , bloed en sand
Geen boom , blom of plant
Net ek, dis niemandsland.
Geen mens, geen dier, geen lewe…
Niks empatie, gevoel , gewete.
Brak aarde van my siel verskroei,
Sal ek ooit weer kan sien en voel?
My kinders laat verstaan…
dis nie wat hul sien,
maar slegs wat oor is…
Gesmee in bloed, geweld en rou !
© F Jansen van Vuuren
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.