
Wat jy hoor
Wie sal dan ‘n hand uitsteek
na ‘n niemandsland
waar iemand bloei?
Vir ‘n traan wat van
‘n baie diep plek af vloei
Dat ander jou sal sien vir wie jy is
agter al die false kleure
met geslote deure
van verleidende emosies
in die vorm van hul kunsies en tower stories
Hulle dwaal en hul soek op ‘n blinde pad
want hoeveel keer
moet mens nog leer
dat die hart het geen verweer
Voel jy dit ook?
Die koelte
van die wind
deur die venster
wanneer jy kalmte weereens vind
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Pragtig met 'n salwende slotvers.