Vir wie belangstel – Nog ‘n skryf kompetisie
Kilian&Malherbe Uitgewers gaan in samewerking met Kalahari internet radio en MRPTV live ‘n kompetisie loods met ‘n kinkel of twee.
Ons soek die Digbundel of boek van die jaar.
Daar is twee kategorieë nl Digbundel en Kortverhaal/roman van die jaar.
Vereistes:
Jou titel [van groot belang]
Jy stel jou bundel/boek saam.
Jy ontwerp jou eie bandomslag [moet aandag tref]
Versorg jou bundel/boeke se inhoud keurig- let op spelling en taalkonstruksie]
Inskrywingsfooi van R100
Bankbesonderhede
Adv AT Kilian
FNB
Savings
77076229469
Takkode 210 317 [Walmer Park}
Stuur jou inskrywing aan:
Heleen Malherbe malherbeheleen@gmail.com
Anton Kilian kiliananton2@gmail.com
Lee Friend Blignaut leonora.blignaut@gmail.com
Sluitingsdatum 30 April 2017
Pryse:
Wenners van die twee kategorieë ontvang elk 50 bundels geborg deur K&M
Tweede plek ontvang elk R1000 afslag op bundel/boek uitgegee deur K&M
Derde plek ontvang elk R500 afslag op bundel/boek uitgegee deur K&M
En dan gee ons verder afslag van 20% op alle inskrywings vir die wat wil publiseer na die kompetisie.
Die wenners sal op 1 Junie 2017 bekendgemaak word op die Kalahari internet radio en MRPTV live
Nou die kinkel nommer 2 gaan wees van 1 April 2017 tot en met 30 April 2017 moet jy jou voorblad plaas op Kilian&Malherbe Uitgewersblad op facebook en nooi jou vriende en familie om dit te gaan like op die blad. Die likes gaan nie die deurslaggewende wenner aanwys nie, maar die aantal likes sal in ag geneem word en sal 50% van die stemme uitmaak.
Beoordelaars se beslissing is finaal en pryse kan nie vir kontant geruil word nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.