voodoo-p0p
Ek dra my hart op my mou.
Jy knip dit uit.
Jy vat dit vir jou.
Jy sit dit in jou skoen
en trap daarop….
My mou ‘n gapende gat-
hul stik dit weer toe en
borduur ‘n skewe glimlag op my gesig,
maar die gare raak op.
Jy speld jou woorde deur my kop
en laat my lied in my drome stol.
Jy besit my nie meer nie.
My slappe lyf dans ritmies
op die maat van towerspreuke…
doem-doem-doem
vanaand gaan die poppe dans,
want nou hardloop ek met die koue skêr in my hand.
Binne en buite verstringel.
Ek bloot ‘n gelapte voodoo-pop wat
(on)wetend onheil oor
jou uitspel.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.