Jongste aktiwiteit:

vrug

 

“dood waar lê jou angel

waar is jou oorwinning”

 

om lewensvrug te geniet

moet jy gelukkig en voorspoedig wees

gevul met volmaakte harmonie en liefde

jou gesin soos ‘n gesonde wingerd

vol lewenskrag – gawe van God

vol dankbaarheid en vrede

 

om goeie lewensvrugte te kan dra

moet jy kan presteer teenoor wat jy ontvang

al jou sintuie wat boodskappe aan jou brein gee

ingestel wees op die filtrering van goeie

en slegte inligting wat na jou toe kom

sodat jy nie met die slegte

gekondisioneer word nie

 

om vrug dra is die onderliggende doel

van die mens se lewe as gawe van sy Skepper

gesetel binne jou onderbewuste brein lê alle ervaring

die prosesse wat outomaties gebeur, nie beskikbaar

vir introspeksie – denkprosesse, herinneringe,

belangstellings en motiverings wat wel

‘n uitwerking op gedrag het

 

waarna jy luister, waarna jy kyk, wat jy proe,

wat jy voel – beïnvloed jou onderbewuste geheue

daar word ook jou outomatiese reaksie op die lewe

se prikkels gevorm – die begrip tussen goed en kwaad

daar lê jou eie slagveld tussen goed en kwaad

wat jy bewustelik toelaat om daar te wees

sal jou ten goede of ten kwade beheer

 

as Christen gee jy die Heilige Gees toegang

tot hierdie sielskamer van jou lewe;

jou gesonde liggaam word dan

“tempel” van God genoem

slegs dan sal jou vrugte

wat jy dra – ware

vrugte wees

 

© Tearlach.

Psalm 128:2-4: Vrug “Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees. Jou vrou is in jou huis soos ‘n vrugbare wingerdstok, jou seuns is rondom jou tafel soos jong olyfboompies!




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed