Jongste aktiwiteit:

Berghaan uit die blou (Brons)

vir ʼn duif dra die dood
nie ʼn ritselende mantel
en bedruipte sens om siele
mee te maai nie

ʼn gesig van vlamme
deurklief ʼn nimbuskroon
terwyl grafswart lanse
uit gesperde kloue kaats
want die noodlot slaan toe
vanuit die klare hemel
op wydgespande vleuels
waarvan die spitse
sagkens fluister

© Cobus Kruger, 2024




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed