Wat is ‘n Valentyn?
LEER MY VAN VALENTYN
Wat is ‘n Valentyn
anders as leë drome
vae beloftes
vasgevang in ‘n R10 kaartjie?
Wat is ‘n Valentyn
anders as verlepte rose
in groen vrot water
in Ouma se blompot?
Wat is ‘n Valentyn?
Sê my tog
wat is ‘n Valentyn?
Kopiereg L Lexow
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.