Jongste aktiwiteit:

Watermoles

Watermoles

Woorde 1195

 

Volksrust se manne is sterk oppad viswaters toe.  Na ‘n harde week se werk by die Everite fabriek naby Vereeniging, verdien die manne so ‘n blaaskansie!  Nie dat dit elke week gebeur nie.  Nee, hierdie naweek is spésial.

Douglas en sy twee vriende is almal oud leerlinge van Volksrust Hoërskool.  Na skool wou hulle almal gaan werk om ‘n neseier bymekaar te maak en terselfde tyd ‘n paar aanlyn kursusse te gaan doen, en hulle verder te kwalifiseer in die een of ander beroepsrigting.

Na vyf jaar is dit egter net Douglas wat by die doelwit gehou het.

Hy het ‘n diploma in Besigheidsbestuur gedoen, en is hy gevolglik die ander twee se báás.

Nie dat dit hulle pla nie!

 

Nou is dit reünie.

Die drie manne is hierdie naweek ‘n volle tien jaar vriende.  Deesdae is dit ‘n mylpaal.  Goeie vriende is skaars soos hoendertande.

 

Douglas voorsien als wat nodig is vir die naweek.  Hy is een van die min mense wat versot is op antieke motors, en besit ‘n ou Ford 3 liter bakkie.  Hy kry amper elke keer die stuipe wanneer  die lae gebrul wat vanuit sy buik ontsnap soos wat jy jou voet op die petrolpedaal neersit die grond onder hom laat vibreer en die tannies na hulle sakdoeke laat gryp.  Die bak agter is vol padkos en is met ‘n rooi seil toegemaak om te verhoed dat dit nat reën en die hele naweek vir hulle bederf.

 

Die drie het op Villiers besluitl.  Eintlik was dit die jongste van die drie, Janu, wat sý familie voordeel met hulle gedeel het.

Janu het familie in Villiers wat op die oewer van die rivier boer, en hulle het goedgunstiglik ingestem, na seker ‘n maand se beraadslaging, dat hy en sy vriende ‘n naweek “stigtilik” kan kom visvang.

Janu het nie die woord “stigtilik” voor Douglas hulle gebruik nie.

Douglas kan maar later die fynskrif lees.

*

Oom Pieter wag hulle by die hek in.  Janu klim uit en gaan groet die oom.  Douglas haal sy sonbrille stadig af en kou aan n” appel. Nou waar kom Janu vandaan met sy rooi hare en boep maag as sy familie lyk soos Tarzan van die oerwoud?  Janu wip by die Lancruiser in en beduie grootmeneer vir Douglas om hulle te volg.

 

Dis ‘n lang tweespoor wat plek-plek vol modderpoele is soos wat dit die afgelope paar dae gereën het. Die gebied word digter begroei hoe dieper hulle gaan.

 

Hulle ry verby groot troppe Afrikaner beeste wat by goedgeboude waterpunte staan en suip.

Ongesteurd drink die beeste water asof hul ver moes loop om dors te les met koel water.

 

Toe sewe kilometer op die meter klik word die oewer van die rivier sigbaar.  Oom Pieter het ‘n

gebied onder digte bome afgekamp waar hulle moet kamp opslaan.  Die gras is netjies gesny en daar is selfs ‘n mobiele toilet vir hulle gebruik staangemaak.

Douglas stop langs die cruiser.  Oom Pieter spring met ‘n tarzan sprong uit.  Hy steek ‘n harige klou uit.  Die manne groet oor en weer.  Dan word hulle touwys gemaak.

Douglas kyk om hom rond.  Dis duidelik dat die natuur hier nog ongerep is.

Hier kom nie baie mense nie.

Die vis behoort soos soetkoek te loop, die rivier se water blink soos die son op dit skyn en die manne grap dat hul die visse kan hoor hulle roep.

 

Daar is ‘n afdak op die wal van die rivier waaronder die losgoed gepak kan word.

Oom Pieter het selfs ‘n drag hout laat kap wat eenkant lê en wag om gebrand te word.

Janu, skielik voortrekkerleier, is meer produktief en energiek as wat Douglas hom al ooit in

die fabriek gesien het!

 

Teen sononder is die losgoed veilig onder die afdak en die slaapsakke is reggesit op die los matrasse agterin die Ford.  Douglas is besig met die vuur, Janu skink  sonsak drankies, en Schalk het gaan water afslaan.  Tussen die drie van hulle is hy die een wat die minste kampervaring het.  Douglas wonder hoe hy hierdie naweek gaan hou.

Die selfone is vroegaand al onder die Ford se sitplekke ingegooi.  Wie wil nou tydens ‘n reünie naweek deur meisies en moeders gepla word?

 

Die donker haal hulle in.

Die vleis is net op die vuur gesit en die tweede bier is nog nie eens oopgemaak nie .

Douglas sien kort-kort flitsende ligte tussen die bosse verder af gewaar. Hy sê eers niks, maak eers seker van wat hy sien.

Dan wend hy hom tot Janu.  “Luister ou, jy is seker dat ons die enigste gaste op die plaas is hierdie naweek?

 

Janu hou hom weer grootmeneer.  “Sosiale onttrekkingssimptome.  So gou al?”  Schalk lag.  Douglas wonder in stilte hoe hulle drie al vir tien jaar vriende kan wees.  Hulle beskik waaragtig nie oor die basiese vermoë om te sien wanneer ‘n ding ‘n grap is en wanneer nie!

“Kyk die ligte daar deur die bosse.  Enige idee wie dit kan wees?”

Schalk verstik in sy bier soos hy skrik.

Almal sien nou die flitsligte wat dan deur die blare gesien kan word, dan nie. Janu skud sy kop in ontkenning.  Hy fluister:  “Hier kán niemand anders wees nie – dis net my oom en sy vrou….en hulle gaan kruip maar vroeg in die aande in.”

Douglas probeer so sag moontlik die vuur blus met die, nog vol, blikkie bier in sy hand.

Probleemoplossing is sy kos.

 

Hy dink aan die moontlikhede.  “Janu, loop sag tot by die Ford dan gaan kry jy jou selfoon.”  Janu skiet op sy tone weg.  Schalk het in ‘n soutpilaar verander.

Té gou is Janu terug.

“Hier is nie sein nie.”

Hy vou sy hande agter sy kop.  “Ek het vergeet om julle te sê.  Op hierdie plaas is geen selfoonsein nie.”

 

Met kortbroeke en plakkies durf Douglas en Schalk die rivier se walle aan ,met die water wat stil le^ .

 

Flitsligte is nou nie meer, niks word gesien nie, na paar minute keer die 2 manne terug na die afdak . Die vuur kletter mooi ,alles lyk rustig maar waar is Janu?

Die twee manne raak nou bangerig, Schalk meen dat die ligte dalk van n” vlieende voorwerp was wat geland het.

 

Nee, man ruk jou reg.. Jy kyk te veel rolprente en moet n” meisie kry. Die twee manne besluit om plaas toe te loop na Oom Pieter toe vir hulp, maar hulle ken nie die plaas nie, dis baie donker.

 

Skielik verskyn iets uit die water van die rivier en skreeuend kom dit nader.. Schalk skreeu “ Groot Voet” en hardloop teen n” boom vas en uit soos n” kers. Douglas wil ook hardloop maar hoor laggende meisies nader kom .

 

Janu kom uit die rivier aangehardloop, pap nat van water om te kyk of Schalk nie te seer gekry het nie.

Douglas kom dadelik agter wat hier aangaan want Janu het ander beplanning gehad met die naweek en nog heeltemal verlief om sy meisie tuis te los.

 

Dit was op die ou einde n” wonderlike naweek selfs vir Schalk wie n’ wonderlike meisie ontmoet het, Janu het dit so gereel.

Liefde is dikker as water of visvang!




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amelia het n geregistreerde lid geword

  • Net_Anri het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak