
weer
mooi weer oor my duin
met die nodige weskus wind
die meeue wat sirkel en duik
turkoois gekleurde seewater
grasgroen fynbos oor veld
wonderlike pastel verf
oor my landskap
se blomtuine
dit is weer
tyd vir
mooi
weer
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Barbara
plekkie vir my, op daai duin?