
Leeu Gamka
in sylyn drie staan
wag ń goedere trein
gebore 1954
met veld bruin graffiti kante.
teen die winter wind
somer son
vervlek met leë maag tronke
wat stink na vele vragte.
gebind met gebuigde
swart bloed are
sterk, gemerkte
vinger knoppel skakels.
in stille trost
grom die kop
reg om die kaapse berge
te oorkom.
die hooflyn lê blink oop
ń veraf trilling laat
rotte en katte skarrel
voor roet.
dan skiet die blou
winter warm, somer koel
oor die karoo
twee van alles, soomloos verbind.
gaan ons jou weer in
Leeu Gamka kry
of was dié trein net te
goed vir my.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Barbara
woorde mooi gekies. Pragtige werk.