wegbreek
wegbreek
wat doen ‘n hart as sy wande skeeftrek,
die hele wese van jou mens seer omrol,
jy eenkant staan en kyk asof vreemd,
so of jou eie self aan ‘n ander behoort…
jy die pad van jou voete
skielik nie meer kan vind,
sirkels om die maan
na een uitweg klink…
besluite neem, nie meer hul maklike self,
liefde ‘n meulsteen om jou nek
en jou hart sy eie gang in reëlmaat volg
©Anton Kilian
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
hierdie is n diepseer maar pragtige gedig Anton