Werk Druk
in môre blou
vou blaaie oop
blink in ink
van rekenskap
in raadsale
op rooi gestoeltes
brand die druk
middagson
laat middag
as donker val
alleen huistoe
vasgevang
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek