
Grassade in die wind …
Ons is weldra grassade in die wind
my kind …
bring jou tassies gepak en
sweef saam in onskuld …
Maak wilde draaie in ‘n tolbos
gooi jou worries in die sand …
Plant vrede langs die pad
sit vlinders in jou sak …
Gooi jou hare in die wind
jy laat my dink my kind …
Anker jou hart in geloof
dit wat jy nie kan sien nie …
Droom groter oor die horison
stuur groete met ‘n poskaart …
Olyftakkie in ons duifie se bekkie
Vrede onbeskryflik groot …
Louise Fourie
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek