Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: visie

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 6 Mei 2021 Aantal woorde: 107 90 Kere gelees 3

wye lens kyk ek oor die see
van oos na wes streep wit branders
heen en weer in reëlmaat opgewen
soos die klanke van ‘n wals

wat ek sien neem visueel op
bêre dit vir die oudag van swak sien
herhalende beelde van mooi en rein
soos die musiek van ‘n refrein

in elkeen se tonnel van smarte
kyk baie mense die enigste Lig mis
dié met tonnelvisie sien dit dalk raak
soos musiek van die triomf mars

waar branders strand ontmoet
vorm silwer soom van dankbaarheid
suig sand en slakke gulsig daaraan
soos die musiek van finale noot

©Teárlach




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Anze

    6 Mei 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek

  2. Elizabeth

    6 Mei 2021

    Ongelooflik mooi Charles.

  3. Tearlach

    8 Mei 2021

    Baie dankie Anze en Elizabeth

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1143
Kommentaar telling: 145

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 151 gaste aanlyn

Bydraes – Argief