Jongste aktiwiteit:

Doudruppel-trane (Silwer)

 

Ek kniel vanaand voor U voete neer,
O Heer
deur al die seer van ons gisters
oor al die vrees van ons môres

Die verlore tyd in ons reis
die branders wat so om ons druis
om dit te laat verdwyn
sodat die son weer oor ons sal skyn

Mag ons voete altyd weet waarheen ons gaan
mag ons harte rus kry
mag ons oë ons visie terugkry
mag ons die dieper lyne van die lewe verstaan

Die donker ure se growwe grou hande
weerloos word in my siel se aanvalle
die nydige woorde en tonge,

soos doudruppel-trane sag in die laaste strale van die dag wegkwyn




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed