Jongste aktiwiteit:

Wie is ek?

Wie is ek?

Ek begin te soek
Na die stemme wat weergalmend roep
Daar waar ek my dae uitleef tussen die lyne van my storie boek

Ek het verdwaal
In die prag van my siel se taal
Daar waar ek met die regte waarde my lewe se rykdom kan bepaal

Die lewe het gedruk
Groot, gtoter happe het my laat verstik
Die slang wat al van begin van die son af mense skelm kom pik

Iets binne my het jare terug gebreek
Juis die woorde wat ek in my sinne versteek
Die mes in my siel begin dieper steek
Dit los my verward en my gesig bleek
Ek gaan sit in die koelte van die wilger boom en asem diep in die veld se reuk

Die vraag was al op my gerig
Met deurmekaar woorde moes ek antwoord dit was my plig
Die verkeerde antwoorde wat die opposisie verligting bring

Wie is ek
Met ryk verlede en foute bedek
Hier waar ek sit gaan ek my antwoorde op papier vlek
Terwyl ek soetsappig aan my wonde lek
Jou bereidheid om te luister bly jou grootste gebrek

Ek is ‘n kind van donker Afrika suid
Ons taal en God bly ons beleid
Voor ek kon loop het my oupa my lanks die viswaters leer fluit
Ek moes lankal leer die makste honde is die wat die seerste byt

Ek ruik van ver af geselige hout wat brand
Ek is ‘n ingeneur wat stede gebou het vir my “hotweels” karretjies in die sand
Ek is ‘n sport kenner en digter met ‘n passie wat brand

Ek voel binne my die jag
In Junie met sy koue mag
Soos ons sit om die betowernde vuur met die kuns van die son se ondergang waar almal kan sit en saam lag
Hartsmense,hartsgeprekte,hartsPRAG

Ek is half Portugues die ander helfte met afrikaans gevul
Ek is groot gemaak met respek, maar bang vir niks tussen die twee groot verskil
Ek is ‘n pa, my grootste eer
Wat nou my kind waarhede moet leer
Al maak dit hoe seer

Ek is mens gevul met dwalende woorde
Ek is pa gevul met liefdes akoorde
Ek is plot seun wat kaalvoet duer die veld nael
Al die dinge wat my siel se diepte bepaal




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak