Jongste aktiwiteit:

Wind verwaaid my lief

neffens die skadu van die kokerboom
skryf ek jou naam in die stof
daarnaas ’n windroos –
soekend my anemoon

dwaal my gedagtes soos ’n rolbos
wat doelloos tol oor al ons onthou’s
’n dorsland gevul met niks
sal jy my ooit verlos?

nou ’n wind verwaaide skelet …
verdor – gedroog deur tyd
skelwit in son
geraamte sonder verset




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed