Slawekind (Haiku)
Mumbai slawekind seshonderd rupees té veel herfs – jou hart se lot
Emosies
Emosies Ritmies tik die polslag van die lewe voort en my wa-pad is die lang-pad en ek sit voet in die hoek om weg te kom van pynlikke emosies terwyl die son met n tergende glimlag oor die kruine kom loer en warm, lou warm groet voor die nag die laaste strale vasvang deur sy […]
Ek omhels die skoonheid
Ek omhels die skoonheid Ek is lief vir die lewe Ek is lief vir my familie en vriende Ek is lief vir al die seisoene Ek ken droogtes en stompgevrete twagraspolle en in goeie reënjare weidse wuiwende grasvelde wat later soos ryp koringlande tot in die verre einders strek… Ek is lief vir musiek, digkuns, […]
Die SKILDERYPRYS
Die SKILDERYPRYS Die Grootprys vir die beduidendste nuwe skildery word toe deur ‘n man gewen wat eintlik glad nie voorgehad het om deel te neem en nie eers ingeskryf het nie. Dis ‘n reeks klein blaaie wat sy vrou ingedien het in die tyd toe hy in die stoepkamerateljee bedlêerig so siek was dat ons […]
Ek sal onthou
as die wolke pers word bo die gras wat groen soos dit hierdie seisoen in die Vrystaat doen as die see haar branders laat skuim oor die sand ek weer kaalvoet loop oor ‘n blinkwater strand as die lug so newel en die berg verbloem maar my najaarsaalwyn oranje lemoen as swawels sweef oor die […]
SA Stories het sy eie blog!
https://l.facebook.com/l.php?u=https%3A%2F%2Fsastoriesblog.wordpress.com%2F&h=ATNVTyZBFO05W6QzRvSz1n9lVXrsuGvjaJFqKxcQUw0bpkKNJW_8f9UR_8d8ORC6JzmDTbA8DVv3HINOutQPmwO-AaqNKGIuIF_mWlHHWzksE4M9QYjqFT1C4Bds68ODM_Pv&s=1
Die Minaret
Die Minaret Die minaret rank slank en pik ‘n net klein kus fyntjies na die sterretjies met ‘n spits tuit bekkie en skalkse kykie om bedags weer teen die blou lug streng en getrou as vingerwysing te dien vir gesiene en gering … Lank na hanekraai as daglig stadig lamppit opdraai deurklief vanuit die minaret […]
Klawers Vol Liefde
Op die strand staan hy, blinkswart geklee. Sy grootsheid strek verder as die blou wye see … Uit sy klawers van ebonie en ivoor, kom klanke van liefde, ‘n eng’le koor. Dié swartglans-wonder herinner aan jou; aan al die mooi waaraan ek vashou. Opgesluit in klawers lê ‘n wêreld vol prag … Jy’s nes ‘n […]
Voor Die Dag Wegsterf
Liefde het die mag om állés te word. Die liefde-deel-tye – raaiselagtig kort. Geen hartskas-drom kan daarsonder slaan. Dit laat een lewe, nie net bestaan. Daarom leef jou liefde met jou een voluit, en maak die meeste van jul saamwees-tyd. Maak van elke dag ‘n liefdesbederf; en sê “Ek lief jou” voor die dag wegsterf […]