Jongste aktiwiteit:

Musiek

Jy’s daar as my hart
uit sy kas wil ruk.
Jy droog my trane
as ek hard-op snik.

Jy laat my diep dink,
jy laat my skaterlag.
Wanneer my dag vergrys
haal jy die son uit jou sak.

Jy gee my hoop
as ek nie weet wat nou.
Jy versterk my geloof
en laat my onthou …

Jy’s die taal
wat ek hakkelvry praat.
Jy is alombekend,
ieder en elk se maat.

Jy is ‘n hemelse geskenk
hier op moederaarde.
Besef jy Musiek
wat is jou waarde?

‘n Gedig deur myself (André van Wyngaardt) ©
andrevwmusiek@gmail.com
083 712 9081




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed