Jongste aktiwiteit:

Die SKILDERYPRYS

Die SKILDERYPRYS

Die Grootprys vir die beduidendste nuwe skildery word toe deur ‘n man gewen wat eintlik glad nie voorgehad het om deel te neem en nie eers ingeskryf het nie.

Dis ‘n reeks klein blaaie wat sy vrou ingedien het in die tyd toe hy in die stoepkamerateljee bedlêerig so siek was dat ons gedink het, hy gaan dit nie oorleef nie. In die afgelope tyd toe hy weens die pyn nie so hard kon werk nie, het sy hom sulke A4 stukke karton gegee wat hy halfsittend in sy bed kon handhaaf.

Dis sy wat haar loopbaan opgegee het sodat hy kon werk. Daarby het hy self toegegee dat sy beter skilder as hy. Sy het hom ten spyte van alle ongure omstandighede getrou bygestaan, al was dit oor die jare die nyd en afguns van die kollegas, finansiële moeilikhede of die swaar siekte wat hy tydens hulle wittebroodsreis in Oos-Asië opgedoen het, ‘n jaar of wat nadat sy hom een nag van die straat opgeraap het, waar hy geland het as gevolg van dwelms.

Sy was bestem vir ‘n veel-belowende loopbaan op verskillende kunsgebiede, musiek en gesang, teater en televisie, beeldhou, … Maar voor alle andere die skildery, waarin sy met die beste puntedeursnit ooit afgesluit het. Sy was so te sê op die vooraand van ‘n „steilvaart na bo“, soos ons sou sê.Toe sy nog student was, het sy met ander jongmense die strate van die stad saans gepatrolleer. Hulle wou mense, wat hulp nodig het, bystaan.

Haar moeder het chemiese navorsing gedoen en het ‘n nuwe tegniek ontwikkel waarby papierslyk so verfyn en verbeter kan word dat ‘n gladder karton tot stand kom. ‘n Karton met juis die beste opnamevaardigheid vir skilderverwe, en, soos dit jare later duidelik geword het, presies wat hy benodig het vir sy tegniek en sy gesondheidstoestand.

Met die prysgeld wil sy die ateljee vergroot om plek te maak vir haar klavier en beter beligting van bo. Voor die uitstalling van sy prysgekroonde werke moet ook ‘n ereplek wees vir die urn met sy as in.

[3.eijtlaatsroovetsretga]

©24e.Februarie2017_______…ooO°Ooo…________________(2013)tje




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed