Bevryding .
in die wit mens masker word die haat verbreek deur bloedtrane word die groen jaloesie gestop uit die skynheilige wit mens masker gebreek in die wit mens masker word die haat verbreek stuk vir stuk kraak die masker wat seer steek die bloederige wonde word met liefde verstop in die wit mens masker word die […]
Adderleystraat
(Nou loop jy so versigtig, Mamma en jy moet mooi kyk waar jy stap, maar laat rus jou hand sag op my arm – dan klim ons sáám die laaste trap.) Adderleystraat Ek wonder of die sypaadjies van Adderleystraat onthou – die klik-klak van jou hoëhakskoene verby die Stuttafordsgebou. En dra die ruite nog herinnerings […]
MEISIE MET DIE VIOOL
Dit het na vioolmusiek geklink wat vanuit die solder gekom het net nadat Braam Eksteen die Land-Rover se masjien voor die ou opstal afgeskakel het. Feitlik dadelik hou die musiek op en na n paar oomblikke verskyn n aantreklike donkerkop met n spierwit rok, soom net bokant die knie, en n viool in die hand […]
Dringende gesprekvoering met alle aktiewe INK-lede
Ek wil graag ‘n situasie aanspreek en versoek dat alle aktiewe lede hierdie gorrel sal lees en in die kommentaarspasie reaksie hierop lewer. Of stuur n privaat boodskap op INK sou u dit so verkies. Ek wil allereers net aan elke lid die versekering gee dat elke lid van INK belangrik is en dat ons […]
Voedselketting
sjuutjies en stadig spin die spinnekop nader na haar moeë prooi ‘n swartwit laksman staar-stip na die spinnekop vang haar met suskes – voedselketting waar energie vloei in sirkel sonder ‘n einde Kopiereg voorbehou: Roeline Digformaat: Haikoe
‘n Wingerdstok wat gedroom het
‘n eensaam wingerdstok staan eenkant vervreemd sing elke aand ‘n tranerige klaaglied oor hoe vormloos en vrugteloos sy loot is, maar soms droom hy oor groot stroopsoet druiwe skielik hik-wip hy van die skrik sy wortels word uit sy dop geruk sy takke gesnipper of afgeknip – geplant op ‘n ander lap hy staar langsaan […]
Die heuwel by Pietersfontein
nog strelend skemer ‘n mengelmoes van laventel ligblou lilagrys ek stap op na die heuwel klouter-kruip oor die koue klippe takkies grits-grits onder my tekkies die reënreuk ruik salig soet my longe vol van vars onbesmette oggendlug Kaapse Wewer sit soek-soek kjeeu-kjeeu na sy maatjie op die heuwel is daar veelkleurige veldblomme en ek sit-staar […]
DOWN SINDROOM
WARE VERHAAL -DOWN SINDROOM Dit is Januarie die 30ste 1975 stil staan ek in die hospitaal kamer, almal wat saam met my gekraam het is almal al huistoe, omring deur so baie ruikers, op ‘n klein plattelandse dorpie, is dit nie snaaks om so baie blomme te kry nie. Ek het al almal vir die […]
‘n Dankbare landskap
Ek wil stap in ‘n veld waar spierwit blomme bars uit die grootheid en wydheid van die aarde Die lieflike kosmos so vӗr soos die oog kan sien vir my beteken dit die mooiste musiek ‘n pragtige boek Saam sal ons stap deur die velde die liefde vertoon in pienk en wit Ons kan soveel […]