Jongste aktiwiteit:

Mei(Bladsy 8)

Wanneer mis die bosbegroeide klowe sluier tot grys-eentonigheid van rookvaalskemerblou en die veergoed koudnog tussen lower luier, verraai verlang na wís my sielsverlang na jou. En o, die klamkoud-twy’ van wasig-skemering wat waansin, onsin oor my aardse tentjie pluk, word aans die dofwees van ‘n skaduskemering oor al die selfverwyt wat swáár as las my […]

Sekondes tik ongeduldig ure stap verby soos blits ‘wyl ons in annerdag se skadu’s nog slaap nog sluimer nog tyd verkwis. Deur die klankgrens van verlore tyd, vlieg kosbare jare voor jou oë verby Later kom spyt jou van agter met die stiegriem by oor wat jy gedoen of dalk nié gedoen het nie. En […]

waar ons liefde [’n] naelstring groei fetus ek getralie in jou ribbes lê ek vasgegroei in jou hemel geanker in jou siel hoor jy die knetter in my vuur sien jy die bosbrand in my woed daar waar my asem in karmosyn oor my lippe gloed smeulend kool die liefdesvuur in hierdie een-word-uur as winterys […]

(Nou loop jy so versigtig, Mamma en jy moet mooi kyk waar jy stap, maar laat rus jou hand sag op my arm – dan klim ons sáám die laaste trap.) Adderleystraat Ek wonder of die sypaadjies van Adderleystraat onthou – die klik-klak van jou hoëhakskoene verby die Stuttafordsgebou. En dra die ruite nog herinnerings […]

gevlerkte teks stoei in my breek deur grendels en drup genadig na benede skrýf leë papier tot sand waar woorde lomp val in smart en ook oopbeklag openbaar my binnekant wat om erkenning veg kwesbaar lê ek met modderhande betas deur roetes van my binnetrane tree jy deur my woestynland uit vier windstreke sweef tirades […]

MEI 2017     BYDRAES na tema gesorteer Van die kategorië wat ek wil gebruik, staan sommiges al: Daar het reeds ‘n paar nuwes daartoe gekom. TAALSPELETJIES EN TAALOPSTELLE TAALSPELE soos my AGTERSTEVOORSTAALTJIES  Kolskoot, Skepdrie en Skilderprys. . . en dan spele met die MOONTLIKHEIDSVORME (Moontlik is Alles). . . asook SIRKELVORMIGWEDERKERENDVERHALE . . . en andere. […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed