God se kamera.
Dag of nag,flitsende soekende bliksemstrale, verblind,verhelder Gods skeppingsprag. Hoeveld somer donderstorms en skaam sonstrale. Wit flitsligte oe verblind. God se kamera flits,neem fotos van sy aardse koningkryk.
Midsomer.
Pasaatwinde en reenbuie,haelstorms en donderstorms Helder groen,donkergroen en geelgroen blare Toktokkies,skoenlappers en miskruiers Koggelmanders,verkleurmannetjies en akkedisse gedy in Gods seisoen van volle glorie en vrugbaarheid.
KOMMER.
My emosie,depressie en kommer is goeie bedmaats. Tog so emosioeneel,soos n skoppelmaai. Myeg siels menswees gevoel in sy maai. My hartseer,depressie vir ander melaats. Nou net hoop,vertroue,as laaste stasie op God.
JY is…
Die growwe sout in my wonde. Die hartseer in my vreugde. Die illus in my werklikheid. Die nar in my egtheid. Die bittersoet in my mondhoeke. Jy is……
‘n Nuwe Dag
Die kou flou winterson speel plek plek wegkruipertjie oor rant en kloof, laat orals donker skadukolle lê waar wit ryp, verbete probeer klou. Hoog op, teen ‘n helder sonkol afge-ets… tussen kierieklapper, raasblaar en mopanie, staan ‘n eensaam Koedoebul sy rykdom en bekyk… In volmaakte harmonie met die natuur, drink hy die nuwe oggend waaksaam […]
NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 7
HOOFSTUK 7 Tyd loop en is Rosa besig met haar voorbereidings om na Andries te gaan soek. Gelukkig is sy redelik blas van kleur en besluit sy saam met Raba om as Indiane meisie na Raba se stam te vertrek sodra hulle dalk enige nuus oor Andries ontvang het. Die amptelike soektogte na Andries word […]
ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 6
HOOFSTUK 6 Ek is vieruur op en nadat ek gestort en aangetrek het is ek vyfuur reg om te ry. Ek gooi sommer op die pad die Land-Rover vol en met die son wat die oosterkim rooi teen die wolke kleur stop ek sesuur voor Cindy se huis. Sy is gereed en toe ek stop […]
aandrus
as sy son neersyg in pers satyn die lied van lof en dank verdof heel note halwes word sy eens vlugtige voetval sleep die lig te snerp vir hom skyn sy eensaamte hom vreet die volkome note van sy melodie uitdoof neem hy ‘n binnereis sy dag se geraas verstil ‘n lugleegte van grys vind […]
Kategorie WOORDE: SIMBOOL of SIGNAAL
SIMBOOL of SIGNAAL Daai verkeersteken, die rooi driehoek wat op sy kop staan, is nie ’n simbool vir „Stop!” (Afr. Halt!) nie. En die ene met sy kop in die lug simboliseer nie „Versigtig, gevaar!” nie. So is „B & B” nie ’n simbool vir oornagtingsmoontlikheid nie, ook nie smollippe vir „Los my uit!”, of […]
Waar die gompou vlieg
Op ‘n plaas in die Limpopo lemoen die boorde vol in vrug. En naby Pont Drift vlieg ‘n gompou. O hoe verlang ek nou weer t’rug na ‘n winter wat nie koud word nie en die saligheid van son wat middaglaat so lou laat voel. Ek sou teruggaan as ek kon na daardie plek waar […]