Vervulling
Teen heug en meug het ek weer koers gekry na ons rantjie waar geel botterklappers groei; bosfisante skrop op soek na wildeprei en patrysies tussen besembossies broei. Neweltjies van halfslaap se lekstroompies van terugverlang het in my nes kom maak en effe-syverings uit loodregkransies se stuif het ons, soos toet, deurnat nat gemaak. En jy, […]
Lentegeritsel
Lentegeritsel Jou teenwoordigheid laat vergeet my van alle bekommernisse en sorge van die lewe selfs die gegriefde ontsteltenis van wrange onreg of verdriet gely verdwerg tot nietig en onbelangrik want jy is die lentekatalisator wat weer die lentegeritsel laat ontwaak in my lewe en wat alles vernuwe tot lowergroen grasvelde en blommebloeisels – – – […]
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 9
HOOFSTUK 9 Paul Coetzee maak dadelik n goeie indruk op Kas toe die man sy kantoor instap en homself met n ferme handdruk voorstel. Jongerige netjiese man met n sekuriteitsuniform aan en nooi Kas hom om te sit. Kas val ook dadelik met die deur in die huis: “Meneer Coetzee ek vermoed dat iemand jou […]
In die hart van Korinte
ons liefde is vasgenaelstring by die dieper lees van Korinte daar waar genade immer dorstong na nog meer wil lek jou omgee maak blink natspoorpaadjies soos ‘n slak se spoor en dit is in die hak van die Wag-‘n-bietjie-bos waar ons liefde dan vasklou daar onder die Mopanie op die eentonige note van die sonbesie […]
Skielik Net Weg
Skielik net Weg O, my hart, hierdie hart van my weeklaag sy hartseer in ‘n droewe elegie van dowwe, ritmiese, eentonige obligato dromslag hartklop by ‘n onafgebroke, voortslepende dreunsang verdriet, want lewenslange vriendskapsbande is summier verbreek, jy is skielik sommer net weg met verhuising na die anderkant – – – Janetta – Helena [Babs]©
Kelkiewyn*
Hoe wit is die wit sneeu en hoe swart jou swart jas. Jy glimlag soos gister toe jy nog hier was. Onthou . . . bottergeel vlinders vlinder immer verby die lillablou blomme wat elke somer gedy. Hier wag skilferbasbome – wat wyd alom kroon – waarin houtkappers, duiwe en meelogies woon. Na elke lang […]
Voëlsonde Kaskenades
Katlagter sit en skel onverpoos vergeet soms dat ander is ook broos Piet-my-vrou sit in diepe rou haar man het haar gisteraand afgeknou het mos gister saam met vink gesuip by die prieël waar gegiste korrels van soetheid druip Hadida sit op die nok en treur Uil se brassery het die hele nag sy rus […]
Betlehem geskenk
Engele het die blye boodskap gebring die ster se lig het tot in die donkerste hoeke ingedring ‘n Verlosser is vir ons gebore maar ‘n normale lewe was vir Hom nie beskore Toe Maria in Sy onskuldige kinderoë kyk wie sou kon dink dat Hy biddend sou smeek dat die galbeker moes wyk? terwyl Sy […]
sag
jy o’ jy so fyn sy sy sy sag soos sy so is jy soos satyn sag sag is jy die doringboom die takke kreun die skadus droom die waters dreun groen is die gras hou my styf vas koel is die water wat val mistig en vars is die bries wat jou saggies streel […]