Skielik Net Weg
Skielik net Weg
O, my hart,
hierdie hart van my
weeklaag sy hartseer
in ‘n droewe elegie van
dowwe, ritmiese,
eentonige obligato
dromslag hartklop by
‘n onafgebroke, voortslepende
dreunsang verdriet, want
lewenslange vriendskapsbande
is summier verbreek,
jy is skielik sommer net weg
met verhuising na die
anderkant – – –
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.