Jongste aktiwiteit:

Betlehem geskenk

Engele het die blye boodskap gebring
die ster se lig het tot in die donkerste hoeke ingedring
‘n Verlosser is vir ons gebore
maar ‘n normale lewe was vir Hom nie beskore

Toe Maria in Sy onskuldige kinderoë kyk
wie sou kon dink dat Hy biddend sou smeek dat die galbeker moes wyk?
terwyl Sy moeder hom teer gevoed het teen haar bors
moes sy jare later luister hoe Hy aan die kruis sê “Ek het dors”

Maria het hom so saggies heen en weer gesus
onbewus dat op Sy tenger skouers die wêreld se sondes sou rus
dank gelowiges God vir Sy grootste geskenk
terwyl ons elke jaar Jesus se geboortedag gedenk

Mariette Stoker




4 Kommentare

  • Inkmoderator

    Dit is werklik 'n aangrypende invalshoek hierdie. Pragtige skryfwerk. Dit laat my so effe dink aan Jan de Wet se 'Hierdie Kind' Daar is so paar dingetjies wat in die laaste stansa pla: (Ek haal jou strofe aan) Maria het hom so saggies heen en weer gesus [so en nie 'sy' nie] onbewus dat op Sy tenger skouers die wêreld se sondes sou rus [sou ingevoeg] dank gelowiges God vir Sy grootste geskenk terwyl ons elke jaar Jesus se geboortedag gedenk? [vraagteken ingevoeg] Verder kan ek jou net gelukwens met hierdie vers. Besonders. IM

    • Mariette

      Baie dankie, sal die veranderings so aanbring

      • Mariette

        Geagte Inkmoderator Het die veranderings aangebring soos voorgestel. Alhoewel ek stem nie saam oor die vraagteken aan die einde van die laaste sin van die derde stansa nie. Ek het wel 'n vraagteken bygevoeg aan die einde van die tweede sin van die tweede stansa. Ek vertrou u vind dit so in orde. Baie dankie vir u krit. dit word opreg waardeer.

  • Anze

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek 

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed