Jongste aktiwiteit:

Voëlsonde Kaskenades

Katlagter sit en skel onverpoos
vergeet soms dat ander is ook broos
Piet-my-vrou sit in diepe rou
haar man het haar gisteraand afgeknou
het mos gister saam met vink gesuip
by die prieël waar gegiste korrels van soetheid druip

Hadida sit op die nok en treur
Uil se brassery het die hele nag sy rus versteur
tannie Mossie pluk haar vere klossie vir klossie
haar jimpel man wil die hoervrou nie lossie

Jan Fiskaal se streke gaan hom nog kwes
saai mos sy kinders in ‘n ander voël se nes
Sekretarisvoel hou hom danig “up stairs”
maar in sy nes brand hy beide kant van die kers

Kiewiet skarrel tjir-tjir, immer aan die werk
sy nuuskierigheid ken geen grens of perk
Kwêvoel koggel almal uit
vir ander se gevoelens voel hy geen duit

Duif sit rustig alles en gadeslaan
kort-kort tril sy stem ‘n helder koer-koer
by my is Gods genade wat jou weë baan
kom jul sondekinders kom-loer-kom-loer
wanneer God die aandskemer se aandpalet kom verf
raak alles rustig in beloftes van Ewige lewe erf

Mariette Stoker




5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Rika Gerryts het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak