Eendaglelie
ek het bo alles bly glo dat jy wat so lief was vir die lewe sou groei sonder snoei ‘n volle leeftyd met jou takke wyd soos die majestueuse boom reuse teen die hang ek het gesmeek spaar haar… kon nie verstaan waarom jy moes gaan moes uiteindelik aanvaar jy is my eendaglelie jou waarde […]
Verlange
ek wens ek kan die koue weghou keer dat die yswind lêplek in my hart kom vind ek wens ek kan jou weer styf teen my hart vashou tot die ys smelt in blinkend waterstrome die wind huil binne my en buite die son skyn net in my drome my verlange woed oor die grys […]
Vriendin
jy wat my leed versag jou hand wat oor myne gly jou oë wat oor my streel as jy my pyn voel as jy sonder woorde weet wat ek bedoel jy is my asem jy laat my lag jy is helende balsem as ek in my seer verdwaal weet ek jy is daar dat voor […]
Masker
op pad uit in die buitelug sit tog op jou gesig die een wat lag en vrolik is jy gaan dit nodig kry gewis… januskop sit jou mombak op nuuskierige oë hou ou dop rooi-gehuilde oë agter brilglase verskuil so gaan jy blymoedig voort dood is lewe en lewe dood
Geloof
hangbrug van geradbraakte geloof gespan oor kloof van ongeloof hang aan drade van genade wankelend stukkend vasgevang in spinnerak bang hoop en wanhoop in my twyfel laat my telkens gly Here, gee my die geloof U pad te volg oor hierdie kloof gee my dag vir dag die krag een tree te neem op ‘n […]
My vriend, Fanie
Daar word tereg gesê dat ’n mens nie jou familie kan kies nie, maar jou vriende is jou eie keuse. Daarom is vriende so kosbaar, veral die wat by jou staan in tye van nood. Ek, Ragel, dink hard en diep. Ek doen vryskut werk vir ‘n plaaslike aanlyn koerant en hierdie week se tema […]
Krugerwildtuin is die beste plek op aarde vir my
(Die “anderse” gedig in die Motorhuis geskryf toe ons met die knellende droogte daar was en hoop julle kan so stukkie van die wildtuin daarmee ervaar) Krugerwildtuin is die beste plek op aarde vir my Dis Bosveldwêreld my paradys waar ons al in tien jaar 135 keer ons staanplek in chalets tentjie en huisie-op-wiele as […]
Kosmos vriendskap
Vriendskap kosmos niks, pienk en pers tussen verse… maak kleur nie saak nie.
Nog nuttelose informasie (maar ek wou jou net laat weet het . . . ) 3
Dis nege in die oggend – dit ruik na reën hier in die Kaap. By ENGEN vlieg ‘n hadeda oor die vulstasie se dak en in die Quick Shop staan Huisgenoot en Son langs Engelse koerante op die rak. Die Burger is vanmôre vroeg reeds uitverkoop. Ek drink koffie by die tafel (langs ‘n venster) […]
In klip en kleur
Ek skryf vir jou ‘n liefgedig sonder pen of selfs papier ek skryf dit met die son se geel en met die blouste blou van ‘n saffier met die groen van ‘n smarag en die rooi van ‘n robyn vorm ek die letters waar ‘n maansteen sag-wit skyn Ek brand dit met die amber vuur […]