In klip en kleur
Ek skryf vir jou ‘n liefgedig
sonder pen of selfs papier
ek skryf dit met die son se geel
en met die blouste blou
van ‘n saffier
met die groen van ‘n smarag
en die rooi van ‘n robyn
vorm ek die letters
waar ‘n maansteen sag-wit skyn
Ek brand dit met die amber vuur
wat gloei in ‘n topaas
en versier dit
met al die lagies en die lyne
wat verskuild lê in agaat
ek maak patrone met die strepies in ‘n tieroog
en met elke kleurband
wat koepel in die reënboog
Ek skryf dit in violet
en in die pers van ametis
Ek ets dit op die klippe
in al die kleure
wat daar is
© Carma Shaw
4 Kommentare
-
-

Amaspoke
Hou baie hiervan, laat my wonder waarom my werklikheid so min liefde in het . . .
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
sjoe Carma op haar beste. Carma ek bly een van jou groot fans