Dit is nie my tuin nie.
Vasgevang in ‘n donker sel vir jare gelewe in ‘n bekende hel. Uitgekom en rond gekyk gesien hoe vrolik die wêreld buite lyk. Voete vries op groen gras ‘n pragtige tuin wat nie myne was. Vallye en dale is wat ek verdien en moet ek aanhou stap om die waarheid te sien.
Januarie 2018 Projek – Weerbegin en voornemens
En so breek ‘n splinter nuwe jaar aan; ‘n geleentheid vir ‘weerbegin’ en voornemens. Hierdie maand gaan ons met die varsheid van ‘n nuwe seisoen begin en ons daarop toespits om die opdragte interessanter en meer uitdagend te maak. Vir die digters: Skryf ‘n Sonnet met net EEN voorskrif. Jou vers moet met die woord […]
skets van my baai
Skets van my baai. Op my sit-duin is dit lekker rustig vanaand. Mense kom en gaan langs die onrustige see, wat hom regmaak vir ‘n nuwe crescendo van spring gety vannag. Heel dag al het hulle gekom en gegaan. So asof die see môre nie meer gaan bestaan. Elkeen met sy brakkie aan ‘n lyn […]
stil
“wees stil daar gaan ‘n man verby” vroeë oggend misreëntjie maak my siel juig van genot elke druppel seën word ingedrink ek juig saam met die droë veld en bos my hart bons van innerlike genot selfs die son skyn met blydskap wanneer Sy skaduwee oor die landskap trek wees stil, dink diep die jaar […]
OUJAAR KRY SY LÊ
En so, sommer so half suutjies, het Oujaar sy lê gekry. G’n mens het dit sien kom nie, maar ewe skielik is dit soos ‘n stokou man wat sonder asem en blus is. Hoe op aarde? Dit kan mos nie wees nie, kan dit? Dit was maar anderdag wat hy soos ‘n jong kalf gebokspring […]
Die mens se grootste sonde
Het ons as mens dan eens geleer mm ons medemens met swart te smeer die Adam, Eva sond’ sindroom waaraan elkeen van ons behoort waarom sal ons sien die sleg van ander wyl ons swakheid skuil waar niemand sien weet ons dan nie dat ons klein tekortkoming gelyk gestel is aan die wreedste mag Here […]
ʼn Volk se trane-hart
ʼn Hartversonke diep in ou verbonde in ʼn jaar verby van bitter soete trane uit ons hart drup bloed van seerkry woorde leed versonke in ʼn volk se drome van waar sal ons hulp dan kom terwyl die rou en galle smart van ʼn volk se hartseer bloed wegsink en dan roep uit dorre aarde […]
Nuwejaarsgebed vir almal
Onse Vader in die hemel 346 van hierdie jaar se dae is nog onbevlek toegedek in U verborge skatkis verberg gee tog Heer dat al die dae U naam geheilig word U wil geskied op hierdie aarde laat U koninkryk naby kom laat ons mekaar vergewe soos U ons vergewe het Here gee ons die […]