Januarie 2018 Projek – Weerbegin en voornemens
En so breek ‘n splinter nuwe jaar aan; ‘n geleentheid vir ‘weerbegin’ en voornemens. Hierdie maand gaan ons met die varsheid van ‘n nuwe seisoen begin en ons daarop toespits om die opdragte interessanter en meer uitdagend te maak.
Vir die digters:
Skryf ‘n Sonnet met net EEN voorskrif. Jou vers moet met die woord ‘NUUT’ eindig.
Vir die storievertellers:
Skryf ‘n verhaal in derde persoon met die tema ‘NUUT’.
Vir die rubriekskrywers:
Skryf ‘n artikel oor enige ‘NUWE’ tegnologiese of mediese uitvinding of ontwikkeling.
Ek maak staat op jou uitsonderlike talent om ‘n treffer inskrywing te lewer.
Voorspoedige 2018
Skryf in Afrikaans, dis die regte ding om te doen!
Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans
Groete
Projekbestuurder
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
IronLady
Mooi nuwe jaar vir almal op Ink. Baie dankie die uitdagings is vars, nuut en interessant.