nuwe geluk
geluk is selde maklik
mense is soms so naar
wanneer kry jy klaar
dan raak jy ongemaklik
leer jy ook hoe swaar
geen woord is absoluut
kennis is nie altyd nuut
dalk ook nie eens waar
toe word ek ‘n rekruut
van evangeliese woord
en Hy maak alles nuut
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2018 - Weerbegin en voornemens projek