skoenmaker
gee my ‘n kans sê sponsie vir skropper wag eers ou slappe laat ek eers klaar maak met die pappe sê skropper vir sponsie jy kan netnou kom opvryf ©Teárlach
Die delikate geur van liefde
Die delikate geur van liefde Sal jy my toelaat om jou aan te raak en teen die kwesbaarheid in jou siel te stoei om die delikate geur van liefde weer joune te maak? mag die pad van herstel wees na jou smaak en die doringkroon om jou hart uitroei sal jy my toelaat om jou […]
Moederland
O land van my geboorte – my voete is geanker aan jou grond. My vingers is verstrengel in jou gras; my gees dwaal oor jou vlaktes rond. My siel – my siel sit in jou klowe en binne skeure in jou berge vas. Ek hunker ewig na jou son, jou blou-blou hemel en na jou […]
Viswater stilte
die stilte het ons ‘n offer gemaak wyl ons sit met die lyne in die water en ons gevra om die natuur te bewaak die stilte het ons ‘n offer gemaak en daar het ek sommer liries geraak toe ek sien die visse loer guitig en skater die stilte het ons ‘n offer gemaak wyl […]
Ma se kind
ma se kind so onskuldig klein jou handjies en toontjies tog so fyn jy’s pragtig my seuntjie jou laggie die mooiste deuntjie jy vul my hart met trots my liefde vir jou stewig soos ‘n rots jou lyfie so warm en sag hier langs my elke nag jou soentjies en drukkies is wonderlik die hele […]
Splinters van jou siel
Skerwe en splinters knars onder die voetloop van jou hart, eggo tot in die binnekamers van jou siel en word vermorsel deur die ontkenning van jou liefde.
Gammat se gebed
Gammat se gebed `Seur is my se Koning – my se pa my se hart sal nie arm wees nie djy lat my lȇ tussen kallers en wa’ maak my se hart bly en nie seer nie al loop ek by die dooies – sal ek nie bang U se arms maak my toe teen […]
Jesus ons Heer
Jesus ons Heer Waar die son warm oor die aarde gluur waar klip en kruis uit die aardkors rys waar bloedvlekke op die kaal grond lê daar het God sy liefde aan die mens bewys Twee vol dae in die doderyk maar die Dood kon Hom nie keer met sonsopkoms die derde dag toe triomfeer […]
Ek glo
Ek glo Ek glo in God die Vader tot wie ek deur Jesus nader die ewige ‘Ek is wie Ek is’ ʼn vader sonder weerga gewis Ek glo in Jesus Christus deur wie se bloed ek verlos is Hy wat my sondes vergewe die Weg, die Waarheid en die Lewe Ek glo in die Heilige […]
My Ma
My Ma lank rus jy reeds onder die Sipres bome met gras verstrengel tussen die klippe, die laaste woorde reeds verbleik met jou naam wat in H O O F L E T T E R S pryk as kind kon ek nie verstaan van ‘n blom is g e p l u k… jy […]