Wie is ek, en waarom skryf ek?
Wie is ek, en waarom skryf ek? Jy vra wie is ek; ken ek dan myself? my oë hang aan die spieël se wag en sien deurgetrapte spore van tyd wat skimmel wit oor onnodige verwyt en nes in die holtes van my lag Jy vra wie is ek… ek sien my kyk is stil, […]
Elegie aan ʼn versteende hart
In die sediment-lae van ʼn versteende hart het ʼn liefdessaad ontkiem, in mikro-porië wortel geskiet en hartswense bo rede gesien Immergroendrome laat blom asof die apokalips môre gebeur – die wolke met silwer randjies vergul en elke nuwe dag met hoopsglimmers verkleur… en mettertyd in versinsels se pseudo-lig weggekwyn jou liefdesson se laaste asem het […]
Winter In ‘n E-Pos
Ek stuur vir jou die winter in ‘n e-pos daar’s geen aanhangsels by of selfs eers prentjies nie. Die lente klop reeds aan my voordeur, ek kliek op stuur en laat dit vry want jy is ver, daar in die suidland waar die son die heel jaar skyn en ek is hier, hier in die […]
My Ma
My Ma lank rus jy reeds onder die Sipres bome met gras verstrengel tussen die klippe, die laaste woorde reeds verbleik met jou naam wat in H O O F L E T T E R S pryk as kind kon ek nie verstaan van ‘n blom is g e p l u k… jy […]
Digters wens
Digters wens sal my naam tog soos ou digters, ou bene maak en my oë tog soos ou digters die hemel raak ek wil swerf oor die vlaktes van kennis en denke al verdwaal ek af en toe op die voetpad van leemtes, met my muse wat soos ‘n handlanger langs my draf in die […]
VIOOLMUSIEK
Dit het na vioolmusiek geklink wat vanuit die solder gekom het net nadat Braam Eksteen die Land-Rover se masjien voor die ou opstal afgeskakel het. Feitlik dadelik hou die musiek op en na n paar oomblikke verskyn n aantreklike donkerkop met n spierwit rok, soom net bokant die knie, en n viool in die hand […]
mallemeule
ek dwaal in vergange eeue se hol gange hoor die eggo’s van mal die gevange gekerker in spelonke van vrees aan tralies hang verrotte vlees deur waansin verblind proefkonyne in ‘n labirint soekende na lig wat hul nooit kon vind verwring in waansin grense eksperimente nie meer mense verwronge ewigheid skeur deur my gemoed hoor […]
vernoem
vernoem vernaam verwaan(d) op my lippe lê daar woorde woorde vir mense wat vernaam voel eiewaarde groei tot barstens toe loop oor loop oor soos stroop oor ‘n brekvisbroodjie sannie was vernoem na haar grootjie sy word suksesvol en ook vernaam nou is sannie nie meer sannie nou is sy verwaande sanna sanna van grootvlei […]
Namakwa roep
my heimat vlak roep waar windpomp skarnier en kraak meerkat orent tuur stofreën manna tussen genadebos sif en daisies plaat pronk tot waar die einder bronsrooi en stofpad tot by ou Klaas daar naelstring ek diepwortel kremetart aar namakwakênd bloed #Pofadder is vernoem na ‘n ou “Koranna hoofman – Klaas Pofadder”