WIE KYK VIR MY?
So ‘n tydjie gelede hoor ek die storie van die boemelaar met die hond by ‘n vriend. Dit sink diep in en ek besef dat dit ‘n lewenswysheid is wat nie ligtelik opgeneem moet word nie. Hoor wat sê hy: Hierdie ou boemelaar het niks. Hy het iewers ‘n trollie van ‘n winkel in die […]
Transkripsies
so vertroebel ons oor tyd, in transkripsies van my smart – letsels wat steeds skryn teen die grein van jou hart ©Alkallie 13/7/2018
Moedertaal
Gestroop tot saad: só omgord ek jou. in weefsel en bloed aan my toevertrou – geykte denke, woord word taal, diachronies ‘n unieke verhaal. Op die wieke van die wind: só herhaal ek jou. uitgepluis, bedink – ontkiem jy vrylik deur my lippe, op papier ink © Alkallie Viljoen 13/6/2018
Vir die resensent – Opdrag 1
Nog ‘n frommel-versie en jy delf nagte diep vir strekkings wat jou vaardig denke bly ontwyk, soek vir beeld en metrum, pluis die rym en lyn, tob oor dieptes en te vlaktes, al die pseudo’s en abstraktes. Kry ‘n hoër ou Pandora se kis om in te gra, speur nog ‘n naakte keiser se yl […]
opdrag 1
teen die wande van die wilde weste-see het ek adres, wens en woorde (aan die slimste mens) oorgegee: op die oewers van die ope ooste-see het ‘n jona-skip die broodwynwoorde (weer) teruggegee aan stof en vrank wyn het van heilige middelberg ged r u p
GEVAARLIKE DING
GEVAARLIKE DING om ‘n naam te skend is n gevaarlike dom ding as jy my naam wil skend soos ‘n tent in die grond wil pen soos ‘n pyl wat my hart deurboor snaakse optree maak jou bitter goor GOD het alles klaar gehoor my gebede is ook verhoor passop jy kan lelik gly die […]
Selfportret van ‘n digter 2018 (Opdrag 1)
Twee okerpoele weerkaats oor die verouderde beeld van ‘n vrou, streel sag oor die silwersee van wysheid en koester die fyn lagplootjies langs die oë en bekyk Vadertyd se spore langs die mond Oker sug… sak stadig op haar slenterspoor en drentel oor die buitelyne van mens en wonder of elke digteres haarself so ontleed […]
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 10
Die koerantberig lok wel verskillende reaksies uit. Toe Shireen Hatfield die berig lees kan sy nie anders as om ongemaklik te voel nie. Sy kry die gevoel dat dit net n kwessie van tyd raak voordat die polisie die net gaan nouer trek en haar aan die pen laat ry. Haar verstand werk oortyd soos […]
GEDIGTE SKRYWER OPDRAG 1
GEDIGTE SKRYWER OPDRAG 1 Eleen van Deventer Vorster gesogte gedigte en storieskrywer gebore in die skone dorpie Nylstroom van skooltyd af het sy al oor dit gedroom haar missie gaan grawe sy diep en ver in haar hart skyn sy soos ‘n ster met skerp stories wat mense boei pen sy haar ink wat oor […]
Waar my vrede fladder – Opdrag 1
Wanneer die sweepslae in my soos simbale begin raas en die leemte diep binne sy koue asem oor my blaas, vind ek langs stille waters van ‘n kluisenaarsbestaan vrede wat vreesloos fladder om ‘n vergulde wintermaan Aan die some van my drome swaai boepens-wense saam soos Jakobsbaai se branders wat speel-speel kom en gaan Eksentriek […]