Velkleur
Uit stof gevorm, met God’s asem gevul is ELKE mens, tot lewe onthul. Bloed vloei rooi, siele deursigtig gekleur harte wat op dieselfde manier treur. . God se skakering van vlees so mooi hoort te wees, deur hoogmoed van mens deur afsku verwens. . Range vir sommige, afhangende van kleur laat siele van mense in […]
Tyd genees
Die winter is behoorlik hier en ‘n mens is geneig om stadiger te werk… seker oor die dik klere wat ‘n mens aan het. Die wind huil behoorlik hier om die huis wat die koue behoorlik onderstreep. So trek daardie warm koffie nader en dan kuier ons heerlik saam. Vandag se program is nie baie […]
DIE STRUGGLE IS REAL
Dis koud my vriend, dis baie baie koud! My bene pyn, my jare word oud. Ek kannie slaap nie, ek is so moeg. So gedaan van die lewe se geploeg. Die “kaya” van my met sink gebou hou nie uit die winter se ysige kou. Maar hier moet ek opslaan, die lewe te duur vir […]
LIEWE JESUS HET MY BLUEPRINT ASPRIS ANDERSTERS GEMAAK
LIEWE JESUS HET MY BLUEPRINT ASPRIS ANDERSTERS GEMAAK Ek het ‘n paar moesies in my gesig. Nee man! Nie van daai wat so knobbel staan met die hare wat daaruit groei soos mens dit altyd in daai stupid heksestories sien nie. Dis meer so kruis tussen n moesie en n beautyspot. Het al komplimente (glo […]
epog
liefdes druppel in leliekelk lewende geur van jasmyn nektar-liefde sonder pyn wat nooit ooit sal verwelk oranje kleur in aalwynblom versoete geur in die heuning van koffie tee of gemmerling wat nooit verbleik of verstom my hart lewe in die natuur ten spyte van lewensmerke dankbaar tot die laaste uur ©Teárlach
Briewe van my pa
Dit is ‘n koue wintersdag in september,donker wolke wat die hemel verdonker so asof duisternis sy aangesig wys,maar die duister wat ontkiem is van ‘n ander soort. Gaan julle tweetjies en gaan koop gou brood en melk vra moeder sagliks net om die somber gevoel in die huis te begogel,om die hartseer wat kom te […]
Posbus?
Posbus? Wat is jou posadres? Ekskuus? Wat is jou adres waarheen ek die brief moet stuur? Brief? In elke dorp was daar ‘n poskantoor, Hierdie adres was belangrik , die mense wat daar gewerk het , het ‘n belangrike funksie verrig; Dat die brief, rekening, lekkerny pakkie na die korrekte adres gestuur word.. Verskillende koeverte […]
TEETYD SE ONTHOUGOETERS
TEETYD SE ONTHOUGOETERS Ek sit en drink tee en dink sommer aan n klomp goeters; en toe kom val teetyd in die Hemel oor my hartstafel nes n bruidssluier vol skitter onthoupêrels…. Meneer was nes Sy Seunskind. Hy het nooit omgegee of geraas as daar per dalks per ongeluk ‘n teedruppel of ‘n stukkie Sunsparkle […]