ag ja se dae
almal sit op die agterstoep ouma skink koffie ryk en lekker teug op teug word opgeslurp eers in piering gegooi om bietjie af te koel dan sit hulle terug dan begin die pret “ag ja!” sê oupa “ag ja” sê oom frans “ag ja” sê pappa “ag ja” sê tan trienie “ag ja” sê ouboeta […]
LIMIRIEK 2
#Limiriek ons leraar liewe grys Ou-doom kon vir jou preek gee soos ʼn droom vat dit van onder sonder te wonder min wetend hy het gerook – boom ©Marlene Erasmus 22/02/2020
lIMIRIEK 1
#Limiriek (Brons) die dominee heet oom Thuisie woon daar alleen in sy huisie as hy begin preek weet dit is ‘n steek laat ontplof skoon jou geel puisie ©Marlene Erasmus 22/02/2020
DIE WIT KAMER
DIE WIT KAMER (Nie Vir Sensitiewe Lesers Nie!) Die mure is wit; als is wit – die wit is te veel, te sereen; skep ‘n illusie van engelvlerke wat ‘n donkerte, ‘n makabere iets probeer laat wegverloor binne-in die te veel wit…Op die smal bed lê ‘n meisie van so om en by 14jaar; per […]
taal-dag en ander gedagtes
wat is taal ‘n wonderlike begrip vir party is dit gereedskap vir ander kultuur ander versuur digterlik: ek sing in my taal ek praat in my taal ek speel in my taal ek dink in my taal droom in my taal bid in my taal ek is my taal akademies/polities: ek word negeer in my […]
Band Aid Gedagtes
Momente lê oomblikke vas deur bloed in brein sinapse van onthou. Geneesde ekstase sere het letsels in vleis, goeters in kaste agter sluiers gelaat. Draai punte soos klein kompas naalde wat rigting bepaal lê wateroog in my kas.
janfrederik
plaas jou bek toe is my gestrande voëltjie skree jy soos ‘n parakiet het iemand jou dalk vertel hoe harder en skeller jou roep belangriker is jy in groep stommerik – janfrederik het jou stem dalk iemand beïndruk vertel jou sang dalk van jou gebreekte hart wanneer dit oorloop in geprojekteerde smart soek jy maatjies […]
Niemand Groet
Niemand vra hoe dit gaan met die wat onder die plato van tyd beweeg. Ons verdwyn weg alles bly soos dit is niks verander vir beter, vir slegter. So kreun lewe voort op spoed deur wie bepaal vir… wat.
Jaag
Mense hardloop autobahn in die ronde net ongelukke hou die dolle verblindende gejaag op dan ook net ń bietjie. Diere verteer in drie mae savanna bos, gras en blare net verskirkte momente stop die organiese ontbinding dan ook net ń bietjie. Spruite spoel water oor klippe, diep vore stol in dam momente om in see […]
Rooiwyn liefde
jou passie is verfrissend soos roomys op ‘n warm somersdag en jou lyf koesterend nes die hitte van ‘n winter se kaggelvuur soos sterk koffie prikkel jou reuk my hele wese jou omgee is romerig-soet soos ‘n likeurdrankie gegeur met jou natuur en jou soene is smelt-in-die-mond lekkerte jou liefde is ryk nes verouderde rooiwyn […]