Donker Rivier (pastiche met Diep Rivier geskryf deur Jan F.E. Celliers)
in jou donker rivier versteek my diepste stroom vir jare kon my hart net oor jou droom maar jou liefde het my in weëmoed laat kniel -toe jou valse omhelsing my siel verniel die vlam van jou donker rivier het my geskroei – terwyl die verlange deur my gees bly vloei die glans van jou […]
stok-siel-salig-alleen
‘n begrip so eensaam dat selfs die meeue nie daarvan weet as jy in ‘n skare beweeg en net lippe sien beweeg wanneer jou siel in limbo in liggaam hiberneer as jy onbewustelik dog gerig beweeg nie besluiteloos nie maar jy weet nie waarheen nie ‘n toestand wat min van weet baie oor wonder en […]
bokmakierie-kiri
bokmakierie sing jou liedjie fyn na-aap elke geluid van foon tot sein elke oggend maak jy my wakker op vrolike noot elke skemer aand sus jy ons saggies aan die slaap bokmakierie sing jou liedjie fyn met jou lied in my ore is daar nie pyn jou dae is vol van musiek note vergaar en […]
Die verlore kuns van aanraking.
Die verlore kuns van aanraking Ons giggel half benoud, half in skuldige herkenning wanneer ʼn vriendin die opmerking maak dat sy nou en dan die dokter besoek “sodat iemand aan haar kan vat”. Vel-honger – uitgehonger vir aanraking en sy is bereid om die dokter met ʼn halwe verskoning te besoek net om daardie behoefte […]
Skommel gedagtes
In die sagte lyn van ‘n bok se spoor voel dit of ek tussen ontnugtering en sielvolheid rigting verloor Probeer ek die ewigheid van rigting in hierdie skommel van sinvolheid in onuitgesproke beloftes die sonskyn vind Soos ‘n springbok wat pronk of skugter agter die klip randjies skuil en dan weer spoedig in die bosse […]
Uit die mond van die suigeling . . .
Elkeen van ons (veral oumas en oupas) se hart is uitverkoop aan die dierbaarheid van suikerbekkies. Daardie einste suikersoet ‘bekkies’ wat op die mees onverwagse tye die snaakste wys- en waarhede kan kwytraak, so opreg en onskuldig. Die beste medisyne vir ‘n suur en donker gemoed. Ek verluister en verlekker my in hul onskuld en […]
My kanna in Kappadosië – Eduard Smith
Selfs ‘n kannabos in Kappadosië sal nie so behaaglik soos jy kan wees nie. Hulle wat dink hul weet wat en hoe die liefde moet kontoer dra geen benul van die landskap en kringpad waar ons mekaar dor en dors gekry het nie. In die amperwoestyn, met aortas afgebind deur sogenaamdes, daar, net dáár het […]
Bella is ‘n boklam
Bella is ‘n boklam kan huppel en kan jive maar Bella word geroskam deur Stienie en oom Clive Bella is lammertjie so stuitig en so vry want vir Bella kon jy nooit nie in die kraal inkry Bella is ‘n boklam kan huppel en kan jive maar Bella word geroskam deur Stienie en Oom Clive […]
Babbelbekkie blinkoog
Vetkryt figure versier my mure in helder reenboog kleure vars vetkoek en biltongbrode vermeng met die soet kombuis geure Koekies en kersies en kinderversies gestrooi oor die voorhuisvloer in ouma se huis is almal tuis word almal tot oormaat gevoer hier in ouma se kombuis voel die hele wereld tuis is almal in rep en […]
Mev Dominee en die ekstra kollekte – Silwer
‘Prim en propper’ dit was nou onse Mevrou Dominee. Sy was ‘n statige dame. So duskant dertig en koringblond van haar. “Kom, kom sit hier by oupa se voete lat ek julle nou vertel van die konsternasie met die kollekte.” Ons skuif almal vinnig nader. Oupa se stories het ons almal laatnag wakker gehou. Of […]