Jongste aktiwiteit:

Babbelbekkie blinkoog

Vetkryt figure versier my mure
in helder reenboog kleure
vars vetkoek en biltongbrode
vermeng met die soet kombuis geure

Koekies en kersies en kinderversies
gestrooi oor die voorhuisvloer
in ouma se huis is almal tuis
word almal tot oormaat gevoer

hier in ouma se kombuis
voel die hele wereld tuis
is almal in rep en roer,
hier in ouma se kombuis
‘n gebrom en ‘n gedruis
selfs die diere het vinnig kom loer

Pienk balletskoene, ‘n rakket en ‘n bal
oral lê speelgoed gestrooi
in ouma se huis is ons lekker tuis
word almal na binne genooi.

hier in ouma se kombuis
voel die hele wereld tuis
is almal in rep en roer,
hier in ouma se kombuis
‘n gebrom en ‘n gedruis
selfs die diere het vinnig kom loer




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed